Ander Aanwendings

BULLDOGSEAL kan as ‘n dak- of muurverf aangewend word. Dit dien ‘n tweeledige doel deur die area te verf en te waterdig.
BULLDOGSEAL is ook ‘n doeltreffende behandeling vir klam mure.
Herstel van krake in mure en sementstrukture.
Verseël en herstel hout, terwyl dit ook water, stof en wind afweer.

Instruksies vir gebruik:

  1. Verwyder alle ou waterdigting materiaal en/of verf.
  2. Skraap oppervlakte skoon met `n verfskraper. Vee skoon af met `n klam lap.
  3. Wend Bulldogseal aan teen 1 liter per vierkante meter.
  4. Vir `n gladder voorkoms, kan `n klam verfkwas oor die area gebruik word.
  5. Verf bo-oor met `n goeie kwaliteit waterbasisverf in die kleur van u keuse..


Klip, poreuse beton, steenwerk en pleisterwerk:

  1. Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal.
  2. Skuur oppervlakte met `n draadborsel. Gebruik `n tuinslang en spuit muur af.
  3. Roer BULLDOGSEAL goed voor gebruik.
    Verdun BULLDOGSEAL 50/50 met water en wend aan as grondlaag.
  4. Laat toe om vinger-druk droog te word.
  5. Verf BULLDOGSEAL onverdun aan teen 1 liter per vierkante meter.
  6. Wanneer droog, kan dit met gewone muurverf bedek word, alhoewel dit onnodig is.

  1. Verwyder alle ou verf en los materiaal met `n draadborsel.
  2. Verwyder stof met `n klam verfkwas.
  3. Roer BULLDOGSEAL voor gebruik.
  4. Klein krake (<2mm) kan met BULLDOGSEAL geverf word. Vee agterna met ‘n klam kwas bo-oor BULLDOGSEAL om die oppervlak glad te maak, indien nodig.
  5. Groter krake (>2mm): Meng BULLDOGSEAL met skoon fyn pleistersand tot `n stywe pasta. Vul die krake daarmee deur `n plat-punt skraper te gebruik. Laat droog word vir 2 ure.
  6. Verf onverdunde BULLDOGSEAL bo-oor.

  • Deeglike voorbereiding van die betrokke oppervlaktes is uiters noodsaaklik. Herstel areas waar nodig en verseker dat alle oppervlaktes skoon en droog is.
  • Wend BULLDOGSEAL altyd met ‘n goeie kwaliteit verfkwas aan. Verf-rollers moet glad nie gebruik word nie. By groot, plat, beton- oppervlaktes, kan sagte besems gebruik word vir aanwending. Was kwaste dadelik na gebruik met water.
  • Wend BULLDOGSEAL rojaal aan.
  • BULLDOGSEAL het puik hegtings eienskappe.


Navrae oor ander aanwendings