BULLDOGSEAL is geskik vir gebruik op die meeste dakoppervlaktes .
(Insluitend alle teëls, platdak beton, golf-gegalvaniseerde- en asbesdakplate.)
Asook, verwante areas van die dak soos: “Flashings”, “Parapets”, “Facias”, dak skroewe, rondom skoorstene, herstel van geute en so meer.
Hierdie hoëvesel akrielwaterdigtingsmateriaal is ideaal vir huishoudelike en industriële gebruik en is maklik om aan te wend by voorafvervaardigde metaaldakplate. Wanneer hierdie buigsame mengsel in `n wit kleur aangewend word, word natuurlike sonlig gereflekteer, wat die temperatuur binne-in die struktuur verlaag.
BULLDOGSEAL moet nooit tydens klam/renerige toestande aangewend word nie. Vir die beste resultate, wend aan in droë/koel weersomstandighede.
Talle kliënte, het al baie tyd en geld bespaar deur, in stede daarvan om die dakke te vervang, hul geboue se dakke met BULLDOGSEAL te herstel en te verseël. Verwys asb na die gevallestudie van Teragonna Lodge.
Lees gerus meer oor dakaanwendings in ons Tarragonna gevallestudie.
Instruksies vir gebruik
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal.
- Skuur skoon met draadborsel. Spoel oppervlakte met skoon water af..
- Tik dakskroewe liggies met `n hamer vas. Vervang los skroewe met langer, indraaiskroewe.
- Gebruik klein kwas (50mm) om BULLDOGSEAL mildelik aan te wend oor al die dakskroewe, laste, tussen plate en rondom geute. Op teëldakke: Wend aan tussen die nokteël en herstel gebreekte teëls deur BULLDOGSEAL as `n kleefstof te gebruik. Verf dan bo-oor wanneer droog.
- Vir ongeverfde asbes, verdun BULLDOGSEAL 50/50 met water en wend as `n onderlaag aan.
Beraamde verbruik: 0,5 liter per vierkante meter dakarea.
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal.
- Skuur skoon met ‘n draadborsel. Spoel oppervlakte af met skoon water.
- Verdun BULLDOGSEAL 50/50 met water en wend as onderlaag aan. Laat droog word.
- Verf twee lae BULLDOGSEAL aan, deur die eerste laag in een rigting en die tweede laag oorkruis te verf.
- Waar die dak by die borsweringsmuur aansluit, verf BULLDOGSEAL mildelik aan vir 100mm op teen die muur en vorm `n 10mm skuinste tussen die dak en die muur. Indien die borsweringmuur krake toon, kan BULLDOGSEAL bo-op geverf word om die krake te verseël.
- Wend BULLDOGSEAL aan by alle uitlope, uitlate, rondom pype en lugdrade, en by ander soortgelyke toepassings.
Beraamde verbruik: 1 liter per vierkante meter dakarea.
- Deeglike oppervlakvoorbereiding is uiters noodsaaklik. Herstel areas ,waar nodig en verseker dat die oppervlakte skoon en droog is.
- Wend BULLDOGSEAL altyd met ‘n goeie kwaliteit verfkwas of ”block brush” aan. Verf-rollers moet glad nie gebruik word nie. Verf-rollers tel die vesels in die BULLDOGSEAL op en is dus nie geskik om te gebruik by die aanwending van BULLDOGSEAL nie. Vir groot, plat, beton dakoppervlaktes, kan sagte besems gebruik word vir aanwending. Was kwaste onmiddellik na gebruik met water.
- Wend BULLDOGSEAL rojaal aan
- BULLDOGSEAL het puik hegtingseienskappe.
- Die beste manier om die oorsprong van ‘n daklekkasie op te spoor of te bepaal, kan op die volgende wyse vasgestel word: Een persoon staan bo-op die dak en spuit met ‘n tuinslang, terwyl ‘n tweede persoon binne staan om te kyk waar die water deurloop. Dit is belangrik dat die water vanaf die laagste punt van die dak, stadig tot by die hoogste punt gespuit moet word.
- Nuwe sinkdakke moet voorberei word met ‘n oliewerende oplosmiddel .
- Borsweringsmure(Parapets) se bo-kante, moet , waar moontlik, ongeveer 100mm teen die kant van die muur af, verseël word.
Navrae oor dak aanwendings