Veelsydig. Maklik Aanwendbaar. Doeltreffende Waterdigting.
BULLDOGSEAL is ‘n hoogs doeltreffende Waterdigtingsmengsel wat Spesiale Vesels bevat en gevolglik die gebruik van ‘n ekstra membraan onnodig maak. Die bindmiddel in BULLDOGSEAL is ‘n baie buigsame Akrielmengsel wat deur die jare bewys is dat dit bestand is teen alle weerstoestande, onder andere: Son en Water.
Op nie-poreuse oppervlaktes soos sinkdakke, kan BULLDOGSEAL as ‘n eenlaagstelsel aangewend word. Aanwending word met verfkwasse gedoen en nie met verf-rollers nie. Op poreuse oppervlakke soos beton, word BULLDOGSEAL eers met water verdun en as grondlaag aangewend. Dit word dan gevolg met twee lae onverdunde BULLDOGSEAL.
BULLDOGSEAL is ook hoogs doeltreffend vir die verseëling van krake, poreuse mure, boublokke, damme, krippe en die herstel van pleister en beton.
-
-
Dak- en -verwante
-aanwendingsBULLDOGSEAL is geskik vir gebruik
op die meeste dakoppervlakke, asook
verwante areas van die dak soos
“Flashings”; “Parapets”; “Facias”;
dakskroewe; rondom skoorstene;
herstel van geute en
nog meer.
-
-
-
Waterhoudende struktuur aanwendings
BULLDOGSEAL is ‘n effektiewe
oplossing vir die Herstel en
Waterdigting van sementplaasdamme
en-krippe, asook fonteine
en visdamme.
-
-
Ander aanwendings
BULLDOGSEAL is ‘n uitstekende en doeltreffende behandeling vir klam mure asook vir die Herstel van Krake in mure en sement strukture, Verseël en herstel van hout, terwyl dit ook water, stof en wind afweer.
Getuigskrifte
Gevallestudies
Projekte waar BULLDOGSEAL gebruik is.