Gevallestudie
Herstel en onderhoud van die sinkdak van die historiese FNB gebou in Adderleystraat, Kaapstad.
Hierdie is die laaste gebou wat die bekende Sir Herbert Baker in Suid-Afrika ontwerp het.
https://capetownhistory.co.za/?page_id=417
FNB het Vestocorp (Pty) Ltd aangestel as kontrakteur vir ‘n grootskaalse opknappingsprojek van hulle gebou in Adderley Straat. Spesiale sorg is vereis tydens alle werk aan hierdie geskiedkundige gebou en bepaalde reëls moes nagekom word. Die projek het onder andere die herstel van die bestaande sinkdak ingesluit, wat ongeveer 400m² beslaan. Aangesien die kontrakteur al voorheen BULLDOGSEAL suksesvol gebruik het op ‘n soortgelyke projek, is daar besluit om ook BULLDOGSEAL vir hierdie projek te gebruik.
Die vyf hoofareas waar BULLDOGSEAL gebruik is:
- Dakskroewe. BULLDOGSEAL is gebruik om die bestaande dakskroewe te bedek en te verseël.
- Lasse tusse dakplate en dakplaat eindpunte.
- Nokklasse en
- Boksgeute. Die boksgeute is tans met ‘n Derbigum tipe van bitumen waterdigting verseël. Die beskadigde- en gekraakte areas is met BULLDOGSEAL herstel. Die kleefeienskappe van BULLDOGSEAL maak dit ook geskik om die velle terug te plak van waar dit van die struktuur weggetrek het.
- Voegskorte (“Flashings”) Grys BULLDOGSEAL is gebruik, wat inskakel by die dakbedekking en ‘n eenvormige resultaat lewer terwyl dit die dak herstel en seël.
Die aanwendings proses kan kortliks beskryf word as:
Goeie voorbereiding is baie belangrik en die dak is eers deeglik skoongemaak en alle sigbare skade is herstel.
Kontrakeur verf dan die BULLDOGSEAL grondlaag aan met ‘n kwas. Grondlaag bestaan uit BULLDOGSEAL, 1:1 verdun met water.
Die grondlaag word gevolg deur twee (2) lae onverdunde BULLDOGSEAL wat ook met ‘n kwas aangewend word.
Elke laag moet eers goed droog wees voordat die volgende laag aangewend word.
Die onderstaande foto’s is geneem net na die dak herstel fase van die projek begin het.
Die kontrakteur het ook van BULLDOG Glaze, ‘n akriel seëlaar gebruik gemaak om die skoongemaakte sandsteen te seel.
Kontak ons gerus vir meer inligting.
info@urbantribes.co.za of +27 21 712 0209