Die gebruik van BULLDOGSEAL om Sementdamme en visdamme te verseël.
Mnr. Manie Wilken van Vallei Voorsieners in de Doorns, het tussen 2007 en 2010 ’n wye verskeidenheid sement plaasdamme en visdamme verseël met BULLDOGSEAL.
Ons het met Manie gaan gesels en hy het die volgende met ons gedeel.
As ’n Hardeware Winkel en verskaffer van BULLDOGSEAL, het Manie verskeie navrae ontvang om die verseëling van die damme te behartig. ”Ons het ongeveer agt (8) sement plaasdamme en groot visdamme verseël met BULLDOGSEAL en van die damme wat ons in 2008 verseël het toon sederdien nog geen lekkasies nie.”
Manie het die verseëling van ’n dam soos volg benader.
Die eerste stap is om die dam leeg te tap. Daarna is die dam geïnspekteer vir los materiaal, moontlike oorsake van die lekkasies en ooglopende krake. In sommige gevalle waar strukturele krake in die mure voorgekom het, is die dam eers versterk deur twee (2) of drie (3) 16mm staal kabels om die dam vas te trek ten einde die struktuur te versterk. Na afloop daarvan, is die krake herstel en die mure verseël.
“Laat genoeg tyd toe vir die projek. Ons het gewoonlik gewerk op vyf (5) dae vir die skoonmaak en behandeling en 3 dae droogword na afloop van die finale laag. Onthou, die dam oppervlak moet eers heeltemal skoon en droog wees voordat jy kan begin om dit te herstel en verseël.”
Sodra die dam skoon en droog was, is die groot krake oopgesny en alle los materiaal verwyder en skoon geborsel met ’n staal borsel. Die eerste stap was dan om ’n mengsel van BULLDOGSEAL en skoon riviersand aan te maak tot ’n pasta, wat met ‘n skraper diep in die krake ingewerk word tot gelyk met die oppervlak. Vir die onderlaag is BULLDOGSEAL 1:1 verdun met water bo-oor die toegestopte kraak oppervlaktes en ongeveer 50mm weerskante daarvan aangewend. Dit is gelaat om goed droog te word, waarna dit twee (2) onverdunde bolae toegedien is. Elke toediening moet kans gegun word om behoorlik droog te word.
“Soms het ons net die krake herstel en in ander gevalle het ons die hele dam verseël. Wanneer ’n dam haarlyn krakies gehad het, was die BULLDOGSEAL baie effektief om hierdie krakies te verseël.”
Die proses het die volgende behels:
- Tap die dam leeg en maak dit deeglik skoon.
- Inspekteer die dam vir los sement, krake en moontlike lekkasies.
- Vul die krake met BULLDOGSEAL en Sand mengsel. Laat 24 uur droogtyd toe.
- Wend Ondelaag aan (BULLDOGSEAL 1:1 verdun met water). BULLDOGSEAL moet altyd met ʼn kwas aangewend word. (Block brush of sagte besem is ook geskik)
- Wend TWEE (2) lae onverdunde BULLDOGSEAL aan. Laag een, verf in een rigting, met omtrent 2 hale. Laag twee moet dan oorkruis aangeverf word, ook met die minimum hale en in een rigting. Laat EEN (1) dag droogtyd tussen lae.
- Laat DRIE (3) dae droogtyd toe na die aanwending van die laaste laag.
- Vir visdamme: spoel en was die dam saggies uit met ʼn spons en water, dreineer en herhaal totdat daar geen skuim meer sigbaar is nie. Vul met skoon water. Besproeiingsdamme kan direk gevul en gebruik word.
“Ons het baie visdamme en veral koidamme verseël. BULLDOGSEAL is volgens die vervaardiger nie skadelik vir die visse nie en ek het nooit enige probleme ondervind met die visse nadat die damme daarmee verseël is nie. Wat ons wel gedoen het, was om die visdamme goed uit te was met ’n sagte spons en omtrent drie (3) keer vol te maak en te dreineer totdat daar geen skuim meer sigbaar is nie.”
’n Wenk van Manie.
“My ondervinding was dat strukturele tekortkominge in die meeste gevalle die oorsaak was van lekkende damme. Veral die uitlate en nate tussen die vloer en muuroppervlaktes moet deeglik nagegaan word. Dit is belangrik om geen kortpaaie te neem nie en in die geval van ooglopende strukturele skade moet ‘n ingenieur geraadpleeg word.”
“Ek sal BULLDOGSEAL beslis aanbeveel vir die effektiewe verseëling van damme.” Mnr. Manie Wilken.
Vir meer inligting kontak asseblief Urban Tribes.
info@urbantribes.co.za | tel. 021 712 0209| www.bulldogseal.co.za