BULLDOGSEAL is ‘n hoogs doeltreffende waterdigtingstelsel. Dit bevat spesiale vesels wat die gebruik van ‘n versterkende membraan onnodig maak. Die bindmiddel in BULLDOGSEAL is ‘n baie buigsame akrieliese mengsel en deur die jare is bewys dat dit bestand is teen alle weerstoestande onder andere son en water.
Op nie-poreuse oppervlaktes soos sinkdakke, word BULLDOGSEAL as ‘n eenlaag stelsel aangewend. Aanwending word met verfkwasse gedoen en nie met verfrollers nie. Op poreuse oppervlaktes soos beton word BULLDOGSEAL eers met water verdun en as grondlaag aangewend. Dit word gevolg met onverdunde BULLDOGSEAL.
BULLDOGSEAL is ook hoogs doeltreffend vir die verseëling van krake, poreuse mure, boublokke, damme, krippe en vir die herstel van pleister en beton.
BULLDOGSEAL is verkrygbaar in die volgende kleure:
Standaard: Wit, Grys en Charcoal.
Terracotta, Groen en Swart is beskikbaar op aanvraag. ‘n Minimum bestelling mag in hierdie geval van toepassing wees.
BULLDOGSEAL word uit hoogstaande gehalte bestanddele vervaardig en voldoen aan die hoogste standaarde. Elke mengsel word blootgestel aan ‘n reeks streng gehaltebeheertoetse en word slegs vrygestel vir verpakking sodra hierdie toetse afgehandel en geslaag is.
Gebruiksaanwysings
Asbes- , metaal- en teëldakke
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal. Skuur deeglik skoon met ‘n draadborsel. Spoel oppervlakke met skoon water af. Tik alle los dakskroewe liggies vas met `n hamer. Vervang los skroewe met langer, indraaiskroewe.
- Roer BULLDOGSEAL deeglik voor gebruik.
- Gebruik ‘n klein kwas (50mm) om BULLDOGSEAL mildelik aan te wend oor al die dakskroewe, lasse, tussen plate en rondom geute. Op teëldakke, wend aan tussen die nokteël en herstel gebreekte teëls deur BULLDOGSEAL as `n kleefstof te gebruik. Verf dan bo-oor wanneer droog.
- Vir ongeverfde asbes, verdun BULLDOGSEAL 1:1 met water en wend dit aan as ‘n grondlaag.
Beraamde verbruik: 0,5 liter per m² dakarea.
Betondakke
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal. Skuur skoon met draadborsel. Was stof af met besem en skoon water en laat goed droog word.
- Roer BULLDOGSEAL voor gebruik.
- Verdun BULLDOGSEAL 1:1 met water en wend aan as grondlaag. Laat ten minste 1 uur droog tyd toe.
- Verf 2 lae BULLDOGSEAL aan met kwas of sagte besem. Verf eerste laag in een rigting en tweede laag oorkruis.
- Tussen dak en borsweringsmuur (Parapet) verf sodanig aan dat dit ‘n skuinste vorm. (Pleistersand kan met ‘n klein hoeveelheid BULLDOGSEAL gemeng word om ‘n pleisteragtige pasta te vorm wat gebruik kan word om die skuinste tussen die dak en Borsweringsmuur te skep – wend aan met ‘n klein troffel of plat skraper.) Verf bo-op borsweringsmuur en verkieslik teen die binnekant van die borsweringsmuur tot by die dak.
- Wend BULLDOGSEAL aan by alle uitlope, uitlaatpype, om afvoerpypepype en lugdrade en ander soortgelyke areas.
- Beraamde verbruik: 1 liter per m² dakarea.
Damme, Krippe en Visdamme
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal
- Teël hegmiddel. Skuur deeglik skoon met ‘n draadborsel. Spoel die oppervlakte af met skoon water.
- Maak seker dat die stuktuur heeltemal droog is voordat aanwending van nuwe waterdigting ‘n aanvang neem. Selfs met die gebruik van uitdrogingstoebehore, mag dit ‘n paar dae neem vir waterhoudende strukture om heeltemal uit te droog
- Verdun BULLDOGSEAL 1:1 met skoon water en wend aan as grondlaag
- Roer BULLDOGSEAL deeglik voor gebruik.
- Verf twee lae BULLDOGSEAL teen 1 liter per m². Verf een laag in een rigting en die volgende laag oorkruis.
- Laat ten minste 3 dae toe om te ordentlik uit te droog voordat water ingetap word (3 dae in ideale weersomstandighede. (In koue weersomstandighede sal dit langer sal neem om te verhard en uit te droog.)
- Wanneer daar ‘n moontlikheid van oornagdou of reën bestaan, moet die struktuur bedek word om enige nattigheid of klamheid tydens die uitdrogingsproses te verhoed.
- Uitspoeling van die struktuur is noodsaaklik alvorens water ingetap word, aangesien die moontlikheid van skuimvorming bestaan. Spoel herhaaldelik tot die skuim heelwat verminder het, veral in visdamme.
Waterdigting van Klam Mure
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal. Skuur skoon met ‘n draadborsel. Gebruik tuinslang en spuit muur met skoon water af. Laat 3 dae toe (in ideale weersomstandighede) vir die muur om uit te droog.
- Roer BULLDOGSEAL voor gebruik.
- Verdun BULLDOGSEAL 1:1 met water en wend aan as `n grondlaag.
- Laat toe dat dit vingerdruk-droog word (ongeveer 2 ure).
- Verf een laag BULLDOGSEAL teen 1 liter per vierkante meter
- Wanneer droog , kan die oppervlakte met enige normale muurafwerking geverf word, alhoewel dit onnodig is.
- Belangrik: Verseël altyd die buitekant van die muur.
Krake in mure
- Verwyder alle ou verf en los materiaal met `n draadborsel. Verwyder stof met `n klam kwas.
- Roer BULLDOGSEAL deeglik voor gebruik.
- Klein krake (<2mm) kan met BULLDOGSEAL geverf word. Vee daarna met `n klam kwas bo-oor BULLDOGSEAL om die oppervlak glad te maak, indien nodig
- Groter krake (>2mm): Meng BULLDOGSEAL met skoon, fyn pleistersand tot `n werkbare pasta. Vul die krake daarmee, deur `n plat-punt skraper te gebruik. Laat toe om droog te word vir ten minste 2 ure.
- Verf onverdunde BULLDOGSEAL bo-oor.
Klip, poreuse beton, steenwerk en pleisterwerk
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal. Skuur oppervlakte skoon met `n draadborsel. Gebruik `n tuinslang en spuit muur af.
- Roer BULLDOGSEAL voor gebruik.
- Verdun BULLDOGSEAL 1:1 met water en wend aan as grondlaag.
- Laat toe om vinger-druk droog te word.
- Verf BULLDOGSEAL aan teen 1 liter per vierkante meter.
- Sodra droog, kan dit met gewone waterbasis verwe oorgeverf word, alhoewel dit nie nodig is nie.
Hout aanwendings
- Verwyder alle ou waterdigtingsmateriaal en/of verf. Skraap oppervlakte skoon met `n verfskraper. Vee skoon af met `n klam lap.
- Wend BULLDOGSEAL aan teen 1 liter per m².
- Vir `n gladder voorkoms, kan `n klam verfkwas oor die area gebruik word.
- Daar kan bo-oor geverf word met `n goeie kwaliteit waterbasis verf in kleur van keuse, maar dit is nie nodig nie.
Belangrike notas
- Roer die produk altyd goed voor gebruik.
- Gebruik ‘n goeie kwaliteit verfkwas of ”block brush” vir aanwending.
- Moenie verf as dit na reën lyk nie.
- Vermy uiterste temperature. Wend aan tydens koel weersomstandighede, verbruik sal minder wees én die produk sal beter heg.