Water is kosbaar, mens wil graag elke druppel benut. BULLDOGSEAL is ‘n effektiewe oplossing vir die herstel en waterdigting van sement -plaasdamme en -krippe, asook fonteine en visdamme.
Instruksies vir gebruik:
- Verwyder ou waterdigting materiaal. Skuur met draadborsel. Gebruik tuinslang en spoel muur met skoon water.
- Maak seker dat die struktuur heeltemal droog is voordat aanwending begin. Dit mag twee tot drie dae neem, selfs met die gebruik van uitdrogingstoebehore.
- Roer BULLDOGSEAL voor gebruik.
- Verdun BULLDOGSEAL 50/50 met water en wend aan as onderlaag.
- Verf twee lae BULLDOGSEAL aan teen 1 liter per vierkante meter. Verf een laag in een rigting en die volgende laag oorkruis.
- Laat ten minste 3 dae toe om te ordentlik uit te droog voordat water ingetap word (3 dae in ideale weersomstandighede. In kouer weer sal dit meer tyd benodig om uit te droog en te verhard.)
- Indien daar die moontlikheid van oornagdou of reën bestaan, moet die struktuur bedek word om enige nattigheid of klamheid tydens die uitdrogingsproses te verhoed.
- Spoel die struktuur uit voordat water ingetap word, aangesien skuim mag voorkom. Herhaal die proses totdat die skuim heelwat verminder het, veral by visdamme.
- Deeglike voorbereiding van oppervlaktes is noodsaaklik. Herstel areas waar nodig en verseker dat die oppervlakte skoon en droog is.
- Wend BULLDOGSEAL altyd met ‘n goeie kwaliteit verfkwas of “Block brush” aan. Verf-rollers moet glad nie gebruik word nie. By groot, plat beton- oppervlaktes, kan sagte besems gebruik word vir aanwending. Kwaste moet onmiddellik, na gebruik, met water gewas word.
- Wend BULLDOGSEAL rojaal aan.
- BULLDOGSEAL het puik hegtingseienskappe.
- ‘n Vogmeter kan gebruik word om die water-inhoud van ‘n struktuur te toets voordat BULLDOGSEAL aangewend word. Die lesing moet onder 10% wees.(‘n Vinnige toets wat ook gedoen kan word, is om helder plastiek bo-op ‘n gedeelte van die struktuur vas te plak en te laat vir ‘n paar ure. As daar nog enige vog in die struktuur is, sal kondensasie teen die binnekant van die plastiek sigbaar wees.)
Navrae oor Waterhoudende struktuuraanwendings
Navrae oor Waterhoudende struktuuraanwendings